Werkswinkel

Iets wat my vreeslik baie gehelp het, hier in die UK, om mondfluitjie te leer speel is die ''werkswinkels'' wat die mondfluitjie spelers onder mekaar organiseer. Dis 'n help mekaar groeppie wat gewoonlik bymekaar kom in 'n nabye saaltjie of selfs 'n kroeg waar hulle musiek instrumente toelaat. Dan sit almal en praat mondfluitjie, speel mondfluitjie, lag mondfluitjie, huil mondfluitjie en elkeen kry 'n beurt om ietsie te speel of net saam te speel en mondfluitjie advies en raad te deel.

(kliek hier om te sien wie speel mondfluitjie naby jou) Vergader een keer 'n maand of as jy ver moet ry elke tweede maand. Dit is 'n ''help-mekaar'' werkswinkel, almal dra ietsie by maak nie saak hoe gering dit is nie, leer mondfluitjie speel met die klem op ''PRET''

Omdat mondfluitjie werkswinkels so suksesvol in ander dele van die wêreld is gaan ons probeer om so iets organiseer in Suid Afrika. Indien jy belang stel in so 'n groep pos jou naam, epos nommer en stad/dorp hieronder. Of gaan na ons Faceboek blad en pos daar:

https://www.facebook.com/pages/Mondfluitjie-Boeremusiek/149236425183407?ref=hl

Gaan kyk watter mondfluitjie spelers in jou omgewing is en reel onder mekaar vir 'n help-mekaar sessie. Loggie van Logerenberg sit gereed om enigiemand te help. Gaan kyk op hierdie kaart: http://bit.ly/1j4CUoj (Indien jou naam nog nie op die kaart is nie laat my weet asseblief)