Hoe verander ek die sleutel van 'n lied om saam te speel?

Audacity - Effect menu
Hoe kan  ek die sleutel van 'n lied verander sodat ek saam op my C mondfluitjie kan speel? (geld ook vir enige ander sleutel) Daar is baie gratis sagteware op die internet wat jou kan help, hier is hoe jy dit kan doen in Audacity.


1. Laai die lied van die CD af, of van die internet in mp3, CDA of WAV formaat. (of gebruik hierdie gratis Youtube to MP3 converter)

Audacity - Effect menu
2. Maak Audacity oop. Voer die lied in - (file menu > Project > Audio Import)

3. Wanneer die lied oopmaak, kies die hele band - (file menu > Edit > Select > All)

4. Maak die EFFEK menu oop - ( Effect > Change Pitch)

5. Verander dan die sleutel deur OP of Af te kies in die Change Pitch option box. Luister dan na 'n snit met die PREWIEW opsie, as jy dan nog nie kan saamspeel met jou mondfluitjie nie, kies (file menu > Edit > Undo…) anders kan dit lekker deurmekaar raak, en dan probeer 'n ander sleutel.

Audacity - Change PitchAudacity is veronderstel om die sleutel van die lied automaties uit te werk en sal vertoon in die Pitch from: boksie, maar dis nie altyd perfek nie, seker omdat ek bietjie deurmekaar raak met watter sleutels jy op die C mondfluitjie kan speel. Gaan loer gereeld op die Sleutel veranderings Tabel as jy sukkel. Anders speel net rond todat dit reg klink op jou mondfluitjie, daars maar net 12 sleutels om van te kies . . . . 

Jy kan ook die tempo of spoed van die liedjie verander terwyl die sleutel dieselfde bly sodat jy saam met die vinnige liedjies speel. Kliek hier vir soortgelyke ''Hokaai-stadig-man!!" hulpmiddels.

Blaas jy jou malleverstand af om 'n noot te kry??


Mondfluitjies word moeswillig nie baie lug-dig gemaak nie. Om klank uit 'n rietjie te kry is dit noodsaaklik dat lug verby die rietjie moet beweeg sodat dit kan vibreer. Maar ander lekplekke kan ook ontwikkel, selfs gedurende die vervaardings proses. 'n Swak verwerkte kam, veral as dit gegote plastiek is, of 'n gebuigde rietplaat, kan lekker lek, met die gevolg dat jy jou malleverstand moet afblaas om 'n noot uit die ding te kry. Gaan koop nou net 'n nuwe . . . dan maak hy presies dieselfde, lek soos 'n sif. Spelers met ondervinding maak hierdie lekplekke self reg wanneer hulle 'n mondfluitjie van die vervaardigers ontvang. Dis vreeslik maklik maar ek sal voorstel dat jy eers op 'n ou mondfluitjie oefen voordat jy 'n nuwe aanpak.
Hier is 'n paar wenke, onthou dit is slegs vir die 10 gaatjie diatoniese blues of die tremelo mondfluitjies (kromatiese mondfluitjies het veel meer partjies waar lekplekke kan ontwikkel, ek sal dit op 'n ander pos dit verduidelik).

Gebruik 600 sandpapier
1. Hangende af watter tiepe mondfluitjie jy het, kan die kante waar die rietplaat vaskroef aan die kam op 'n plat oppervlak saggies op baie fyn 600 sandpapier geskuur word om enige oneweredige oppervlaktes plat en gelyk te maak. Gegote plastiek is geneig om te krimp nadat dit gegiet is, maar selfs 'n swak verwerkte plastiek of hout kam kan lekker lek. Onthou, dit geld nie vir 'n kam met 'n  ingebouded rietplaat groef nie. 

2. Die riet-plaat kan ook effens reguit gebuig word as dit in die lengte of breedte krom geraak het. 'n Goeie indikasie dat dit moontlik gebuig kan wees, is om jou mondfluitjie teen 'n helder lig te hou, en kyk of daar enige lig tussen die rietplaat en die kam deurskyn, en kyk van alle kante, 'n vergrootglas sal help. Buig die rietplaat saggies totdat geen lig sigbaar is nie. Kyk HIER. en as jy 'n nuwe riet-lose rietplaat het HIER


3. Indien bogenoemde nie werk nie, en net as 'n laaste uitweg, kan die gaping tussen die rietjie en die rietplaat nouer gemaak word deur wat hulle ''embossing'' noem, maar dit moet baie versigtig gedoen word want dit kan die toon van die mondfluitjie verander of selfs begin om 'n gons geluid te maak wanneer die rietjie teen die rietplaat vibreer. Gebruik 'n ronde gladde stuk metaal en vryf dit oor die groeffie/gleufie waar die rietjie in lê, dit veroorsaak dat die skerp randjie van die sagte brons inbuig en die gaping tussen die rietjie en die rietplaat nouer maak. Gaan kyk na hierdie video hoe dit gedoen word: HIER
regs: Plastiek ingeboude Kam

Die moderne mondfluitjie speler vereis baie meer akkuraatheid in die operasionele toleransies van die instrument as die' van fabrieke wat massa geproduseerde mondfluitjies verskaf. Jy is baie gelukkig as jy 'n handgemaakte mondfluitjie wat deur 'n hoogs gespesialiseerde vakman gemaak is kan vind en bekostig.
As jy al bogenoemde stappe kan bemagtig, dan is daar net een verdere proses wat jy nodig het om jou eie mondfluitjies volkome te herstel, en dit is om rietjies in te stel of te vervang. Dit sal ek in 'n volgende pos verduidelik. 

Zak van Niekerk



Zak van Niekerk (12 Julie 1978 - 30 Maart 2012) was 'n Afrikaanse sanger en musikant wat ligte vermaakliedjies gesing en die mondfluitjie bespeel het. Hy is bekend vir treffers soos Lekkerkry, Ramkat, Lekker in Suid-Afrika, Jantjie de Wet enBorrels In My Bier. - (http://af.wikipedia.org)

Hy is is gebore op 12 Julie 1978 in die hartjie van Namakwaland, Springbok, waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het. Op die ouderdom van vier jaar leer hy by sy ma op gehoor klavier speel. Hy leer mondfluitjie speel op die vroeë ouderdom van 10 jaar waarmee hy minwetende vele sukses sou behaal.

Later neem hy deel aan die Namakwalandse Eistedtford en wen twee goue diplomas vir mondfluitjie en klawerbord en twee silwer diploma's vir sang en panfluit. Hy gaan tree by die Klein Karoo Kunstefees op tydens 1998 in 'n Restaurant waar die mondfluitjie groot aanklank vind. Zak besluit om die plate kontrak wat BMG hom aanbied, te aanvaar. Sy debuut CD word tydens Januarie 1999 uitgereik, en is hy ook musiekster van die week op Radio Sonder Grense (RSG).

In 2003 teken hy 'n kontrak by Leo musiek en dinge vat vlam. Spoedig word sy derde album “Lekkerkry” uitgereik wat reeds Goue status bereik en daarna volg nog 2 albums. “Byt my”, amper goud en “Oe Na Na” wat sterk op sy hakke volg.

Hy is sekerlik een van die beste komediante wat sy lekker kuier- en luister musiek insluit. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel, word hy beskou as die beste! Met sy humor, musiek en komedie is hy defenitief ‘n man wat ‘n partytjie aan die gang KAN kry!!

Soos hy altyd sê:

GOOI MIELIES BROER TOT ONS WEER ONTMOET!!

Hoeveel sleutels het ek nodig?

Hoeveel mondfluitjies en sleutels het ek nodig?

Omtrent 90% van die 'blues' word in die 'tweede posisie' op die diatoniese mondfluitjie gespeel.  Die beginsel is dat jy konsentreer om die suig note (op die onderste riet-plaat van die 10-gaatjie diatoniese mondfluitjie)  te speel, want dit gee vir jou 'n sterker en meer sielvolle toon . . . . selfs beter,  jy kan die  toonhoogte verlaag deur die suig note te buig deur die vorm van jou mond te verander vir die ontbrekende note . . . . EN . . . hierdie beginsel geld natuurlik nie uitsluitlik vir die blues nie, dit kan ook op ander tipe musiek toegepas word. Dit beteken jy moet gewoond raak om die mondfluitjie te speel in 'n ander sleutel as wat op die mondfluitjie gestempel is. Hier is 'n basiese tabel wat vir jou die mees gebruikte sleutel verwerking gee. Meeste spelers memoriseer dit.


Sleutel van Lied                                mondfluitjie sleutel
         E                                                        A
         F                                                        Bb
         G                                                        C
         A                                                        D
         B                                                        E
         C                                                        F
         D                                                        G

As jy saamspeel met liedjies sal jy heel moontlik net mondfluitjies in die sleutels van A, C, D, en F nodig hê, jy kan dan in 2de posisie ook in die sleutels van E, G, A, en C speel of in die 3de posisie speel.

Klik HIER vir 'n meer volledige tabel.

Hier is 'n goeie voorbeeld posisies en note buig.

Wat is die beste ouderdom om te leer?

Wat is die beste ouderdom om te begin mondfluitjie leer speel? 

Lung patients play a new tune after harmonica therapyNiemand is of te jonk of te oud om te leer mondfluitjie speel nie. Natuurlik is daar geen plaasvervanger vir jare se ondervinding nie, daarom is dit beter om so jonk as moontlik te begin speel. Moet ook nie bekommerd wees oor die kwaliteit van jou spel nie. Daar is niemand wat die mondfluitjie optel vir die eerste keer en dadelik begin liedjies speel nie.
Almal, maak nie saak hoe goed hulle nou is, moes een of ander tyd in die 'rou onervare' katogorie beland het, waar hulle absoluut geen idee gehad het wat om te doen nie, behalwe blaas en suig. Selfs Vincent van Rooyen met sy baie jare van ondervinding het gedroom dat hy graag eendag ''baas'' wil wees van die mondfluitjie.

 In Party dele van die wereld word die mondfluitjie suksesvol gebruik vir terapie onder pasiente wat met long probleme sukkel. Dis ook net so belangrik vir jong kinders om long oefening te kry, en watter beter manier is daar anders as die mondfluitjie.
Lung patients play a new tune after harmonica therapy
Die klem moet wees op PRET . . . geniet elke oomblik . . . jy sal verbaas wees hoe goed jy voel na 'n lekker sessie van mondfluitjie speel . . . . as daai gogga eers byt, is daar geen keer nie !!!

Lekker Deurmekaar ne'

So lyk die 10 gaatjie Blues (ingesteld in C) mondfluitjie in vergelyking met 'n gewone kromaties ingestelde klavier, lyk lekker deurmekaar, maar as mens in gedagte hou dat hierdie so ingestel is dat koorde ook daarop gepeel kan word, maak dit bietjie meer sin. Maar dit het my nog steeds jare geneem voordat ek dit so aanvaar het, ek het selfs probeer om van die rietjies terug te stel na 'n gewone Solo tuning soos die klavier en soos die kromatiese mondfluitjies vandag gemaak word. Daar is geen twyfel dat gebrek aan kennis die leer proses kan belemmer nie. Kennis en begrip van hoe musiek en jou instrument werk, is van uiters belang as jy vinnig vordering wil maak.

Hier is 'n skakel na die basiese instellings wat verkrygbaar is op moderne mondfluitjies, dis bo en behalwe ander instellings wat sekere professionele mondfluitjie spelers self bewerk om by hulle spel te pas.