Mondfluitjie Trio - Argief


Mondfluitjie-trio na Wes-Duitsland genooi

FOTO: S/W HET VERSKYN KALEIDOSKOOP MET toe oë speel hy 'n blues-deuntjie op sy mondfluitjie, en 'n mens kan nie anders as om met 'n ander oor te luister kyk na hierdie musiekinstrument wat jy gedink het net in 'n boereorkes hoort nie. 

Die bekende mondfluitjiespeler Vincent van Rooyen het gister die toerlede van Die Burger se leserstoer in die regte stemming gebring voor hul vertrek na Namakwaland. ``Elke mondfluitjiespeler het sy eie styl en hy praat sy eie taal. Musiek kan afskuwelik klink wanneer dit gewoonweg op 'n bekfluitjie gespeel word, maar sodra 'n mens ernstig daarop begin speel, klink hy anders en praat hy met 'n mens,'' sê mnr. Van Rooyen, wat al amper veertig jaar hierdie musiekinstrument bespeel. 

Hy het homself geleer om musiek te lees, skryf en te verwerk. Mnr. Van Rooyen en sy seuns Jonathan en
Paul Hopper gaan in Oktober op uitnodiging deelneem aan die wêreldkampioenskappe op Trossingen, Wes-Duitsland. Hierdie dorp in die bekende Swartwoud is ook die tuiste van die Hohner-fabriek waar mondfluitjies vervaardig word. ROOI CHINA Dit sal nie die eerste keer wees dat hulle aan dié wêreldkampioenskappe deelneem nie. In 1987 het hulle ook op uitnodiging deelgeneem en derde plek in die trio-afdeling losgespeel. Mnr. Van Rooyen sê 21 lande het deelgeneem en hulle moes letterlik met duisende ander mondfluitjiespelers meeding. Die probleem is egter die koste verbonde aan só 'n deelname. Die onderneming wat hulle vanjaar sou borg, het onttrek en daarom moet daar na 'n ander bron van finansiering gesoek word. ``

Die Suid-Afrikaanse publiek is nie baie bewus van die mondfluitjie as 'n musiekinstrument nie. In Rooi China is daar byvoorbeeld vyf mondfluitjiefabrieke. Sowat 'n kwartmiljoen mondfluitjies word per week verkoop. Dit is meer nog as wat nog in ins land verkoop is en nog verkoop gaan word,'' sê mnr. Van Rooyen. Mnr. Van Rooyen sê die moontlike rede daarvoor is dat die mondfluitjie 'n tradisionele instrument in baie Europese lande is en dat elke mens daar al op 'n stadium mondfluitjie gespeel, een besit of probeer speel het. 

Die koste van die musiekinstrument is relatief hoog wanneer in aanmerking genemeem word dat die leeftyd
van 'n mondfluitjie, afhangende van hoe dit bespeel word, kan wissel van twee ure tot twee maande of langer. Mnr. Van Rooyen sê hy het al in ses jaar meer geld aan mondfluitjies bestee as wat 'n goeie klavier kos. 'n Mens leer egter mettertyd jou instrument ken en weet hoe om daarop te speel. Hy speel egter steeds gemiddeld twaalf mondfluitjies 'n jaar deur. 

Mnr. van Rooyen gee nou en dan klas aan mense wat belangstel, maar hy sê egter mense besef nie altyd waarvoor hulle hul inlaat nie. Soos enige ander instrument verg dit baie ure se oefening. Al het hy die instrument onder die knie oefen hy steeds twee ure per dag. Enige onderneming of individu wat daarin belangstel om mnr. Van Rooyen en sy seuns te borg, kan hom by tel. 979062 opbel.

musiek

https://af.wikipedia.org/wiki/Vincent_van_rooyen