Die Kalfie Wals - tabs



Luister hier in C:


Of speel saam met oom Frikkie in Youtube:


Speel Koord - Plaasdorp - Beeskraal

Die blues mondfluitjie is nogal beperk wanneer dit met koorde te doen het, daarom is dit belangrik om al die sleutels (12 mondfluitjies) beskikbaar te hê as jy koord saam met alle liedjies wil speel. 

Party spelers gebruik 'n kombinasie van koord en melodie as hulle nie al die regte mondfluitjies het nie . . . speel die beskikbare koorde en harmoniseer of speel saam met die melodie wanneer die koord nie daar is nie. Dis 'n maklike pret manier om te speel, volg net die ritme van die kitaar spelers, en speel 'n begelydende rol, harmoniseer met die ander spelers, in die agtergrond, dan is die verpligting ook nie so sterk om heeltyd 'n vertoning te lewer nie.

Speel saam met Beeskraal se Plaasdorp (https://www.youtube.com/watch?v=eQ32am0NYYk)
Onthou, jy moet eers die liedjie goed ken voordat jy dit op die mondfluitjie probeer, verkieslik noot vir noot. Dit sal broek-skeur gaan om alby, die mondfluitjie en die liedjie terselfde tyd te leer. En maak nie saak as jy in die begin foute maak nie, solank jy dit gou regstel, dis hoe jy jou mondfluitjies leer ken.


Bobbejaan Klim die Berg - tabs

So elke nou en dan kom mens af op 'n liedjie wat net nie lekker ''pas'' op die mondfluitjie nie, en hierdie liedjie is 'n goeie voorbeeld daarvan. As gevolg van die beperkte uitleg van die diatoniese blues mondfluitjie, sal nie al die note presies volgens die oorspronklike wysie verwerk kan word nie. Maar 'n mens moet iewers begin om te leer mondfluitjie speel.  Hy speel lekker op ''solo-tuned'' mondfluitjies, so ek sal mettertyd ook TABS maak vir die Tremelo en Kromatiese mondfluitjies.  Onthou die ROOI = BLAAS en BOU = SUIG



Luister hier in C:


Ver in die Ou Kalahari - tabs

Hierdie liedjie is seker een van die mees gesogte kampvuur liedjies ooit. Sover het hierdie pos wel oor 3000 besoekers gehad. My taak is goed verrig as net 'n klein persentasie as gevolg van hierdie liedjie hulle mondfluitjie baasgeraak het.
Alhoewel die klank snit vir die mondfluitjie in die sleutel van C gemaak is, kan jy met enige sleutel saamspeel met die TABS, want die nommers op al die mondfluitjies is op presies dieselfde plek. Al verskil is dat jy die liedjie speel in die sleutel van die mondfluitjie.

Luister hier in C:



Speel Koord - Blokkies Joubert

David Kramer se Blokkies Joubert het lekker ritme en maklike koorde om saam te speel op jou 'blues' mondfluitjies. Vir koorde het jy twee mondfluitjies nodig, een in die sleutel van G en 'n ander in die sleutel van A. Op die G mondfluitjie kry jy G, D en Am en/of op die A mondfluitjie die A en E (om dit makliker te maak speel net die Am in plaas van die A). Of as jy die wysie wil speel kan jy dit op 'n D mondfluitjie doen. Speel die ritme asof jy op 'n kitaar speel of improviseer deur die koorde te meng met die melodie of enkel note. Die lirieke en koorde met vergunning van www.tabs.co.za Dit mag miskien bietjie deurmekaar klink, maar probeer gerus, jy sal sien hoe maklik dit is.