Bill Parsons

Bill Parsons staan baie jare reeds bekend as Suid-Afrika se mondfluitjiekoning. Hy is in Johannesburg gebore en het reeds van sy vroegste jare af 'n lewendige belangstelling vir sy geliefkoosde instrument begin toon. Op die jeugdige ouderdom van sewe, wen hy sy eerste talentkompetisie in Durban - en so begin sy ongeĆ«wenaarde musiekloopbaan waartydens hy groot lof sou inoes. Vandag is Bill Parsons die trotse besitter van nie minder as 200 trofeĆ« wat hy in dergelike kompetisies verower het nie. 

Sedertdien het Bill Parsons die hele land deurkruis en groot gehore op sy lang-asem-manewales met die mondfluitjie vergas. Hy speel enigiets van 'n wals tot ruk-en-rol en kan inderdaad as 'n veelsydige musikant bestempel word, want hy is heeltemal tuis op die basviool en die tromme. Die gewilde Bill Parsons se dienste is derhalwe ook in groot aanvraag en hy het met sommige van die voorste orkeste in die land opgetree, onder andere die van Ivor Turner, Louis de Lange en Hendrik Susan. Bill het ook sy eie orkes gehad en dikwels in Johannesburg en Pretoria die danspas aangegee.

Dit is egter as mondfluitjiespeler en komponis van mondfluitjienommers dat Bill Parsons hom onderskei. Die feit dat hierdie kunstenaar al meer as sestien jaar bekend staan as ,,Mondfluitjie se Moses", behoort vir u 'n aanduiding te gee van die ware musiekvermaak wat u te wagte kan wees wanneer hierdie meester-mondfluitjie·man lostrek. Hy speel 'n paar van sy eie komposisies en verwerkings op hierdie nuwe LS-plaat wat met die begeleiding van Regardo Bornman en Ken du Plessis op die ghitaar, Mannie Parkes op die basviool, Flippie van Vuuren op die trekklavier en Pat Higgins op die tromme opgeneem is. - vetseun.co.uk