Osbraai op Kromdraai - tabs

Francois Hayes is 'n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat meestal ligte liedjies gesing het. Van sy treffers sluit in: Osbraai Op Kromdraai, Ek Sê Dankie, Die Gat In Die Grond en Karolis.Hayes het in 2006 as sanger uit die musiekwêreld uitgetree. In 2007 is hy tydens die inniBos-musiekfees vereer vir die bydrae wat hy tot Afrikaanse musiek gelewer het.





My Sarie Marais - tabs



Susara Margaretha (Sarie) Maré is op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, gebore op 15 April 1869. Haar pa was Jacob Maré, wat later 'n lid van die uitvoerende raad van die Transvaal geword en na wie 'n straat in Pretoria genoem is. 

Hierdie is dié Sarie Marais (eintlik Maré) wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het, ook bekend as Tant Mossie, volgens die SA biblioteek se katalogus-inskrywing AP.1998-227.

Haar ouers was Voortrekkers, en het hulle in die omgewing van die Suikerbosrand
gevestig. Die dorpie Heidelberg het toe nog nie bestaan nie. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is.

Toe sy 16 jaar oud was, het sy vir Jacobus Petrus Toerien, 'n verslaggewer van Die Patriot van die Paarl, ontmoet. (Hy was toe in Pretoria om 'n onderhoud met haar pa te voer). Hy het onder die skuilnaam Jepete in "Ons Kleintje" geskrywe in sy hoedanigheid as subredakteur van "Die Patriot". Hulle is getroud en het 16 kinders gehad, van wie net 8 grootgeword het. 

Hy het by Amerikaners wat in Transvaalse myne gewerk het die liedjie Sweet Ellie Rhee gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het en deur Septimus Winner (Alice Hawthorne) geskryf is. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het Jepete die woorde vertaal en só sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die lied het ook nie aanvanklik al die versies en presies dieselfde woorde gehad het as wat ons vandag ken nie. Maré het later weens 'n drukfout Marais geword. 
Lees HIER verder.



Luister hier: 









Ska-Rumba - tabs

Hier is 'n baie maklike liedjie waarmee jy sommer vinnig kan saamspeel. Leer eers die eenvoudige wysie deur na die video te kyk, speel dan saam met die oorspronklike lied hieronder totdat jy dit vlot kan speel. Indien jy stereo luidsprekers het kan jy die mondfluitjie gedeelte heeltemal uitskakel deur net die linker of regter luidspreker af te skakel sodat jy net die 'backing track' kan hoor.


Om na die backing-track te luister, skakel net een van jou rekenaar se speakers af, of luister net op een oorfoon. Hierdie lied is in stereo, op die een kant is die hele lied en op die ander net die backing-track.

Luister hier in C:





Die Treurende Wilger - tabs







Jantjie - tabs


Luister hier in C:


Banjo Tabs vir Jantjie:










Jantjie op Chromatiese mondfluitjie:

Daars 'n Wind wat Waai - tabs




Onuitputtende entoesiasme, energie en 'n lus om te sing, is 'n goeie beskrywing van hierdie sanger, Bennie Madison. 'n Paar jaar gelede het sy sang loopbaan as lid van 'n sang-groep (wat onder die naam van Die Ruiters bekend was), begin. Hy het egter besluit om op sy eie sy talent te ontwikkel, skouer aan wiel gegooi, en hierdie pragtige opname is die resultaat. Met sy strelende stem vertel hy van ou bekende iiedjies soos: ,,By Die Ou Meulstroom", ,,Eensame Paadjie" en ook 'n nuwe komposisie van Flippie van Vuuren, ,,Groenkoringlande". In die agtergrond wissel die begelyding van banjo na ghitaar, en onder Ieiding van Flippie van Vuuren, skep die orkes net die regte agtergrond. Bennie verras ook as komponis met twee van sy eie nommers, naamlik ,,Somerreën" en ,,Droomland". - http://www.vetseun.co.za/anarkans/bladsy/benemadison.html


Boesmanland - tabs



Luister hier in C:


Worsie Visser was 'n Suid-Afrikaanse sanger wat bekend was vir liedjies soos Ek en My Meisie, Boesmanland, Gee die Hond Wind en Osbraai op Kromdraai.
Hy is op 35-jarige ouderdom in 'n vliegtuigongeluk by Saldanha oorlede.



Spore van 'n Trein - tabs


David Kramer was gebore in Worchester, Suid Afrika. Hy is 'n Suid Afrikaanse "folk" singer, veelsydige musiek instrument speler (wat mondfluitjie insluit) en natuurlik 'n uitstekende musikant. Sy beroep het begin in die midde 1970's met sy eerste album BAKGAT! wat vrygestel was in 1980 en wat onmiddelik verban was as gevolg van sy politieke konnotasies, growwe taal en die gemeng van tale. He was en is ook aktief besig met dirigeering en vervaardiging van verhoogproduksies. Twee van sy mees bekendste musiekblyspele is District Six (1986) en Kat and the Kings. In 1997 het Kat and the Kings die Laurence Olivier toekenning vir die Beste Nuwe Musiekblyspele gewen toe dit in die London West End opgetree het.
Luister Hier in C:



By Coetzenburg loop 'n Waterstroom - tabs




Luister hier in C:



Die Oukraalliedjie - tabs


Luister Hier in C:



Groep Twee was 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat bestaan het uit twee lede: Gert van Tonder en Sias Reinecke. Hulle was bekend vir liedjies soos Die Oukraal-liedjie, Daar's Niks Soos Ware Liefde, Die kat kom weer en Die padda wou gaan opsit.

In Suid-Afrika was daar seker nie 'n sanggroep wat Groep Twee se skoene kon volstaan nie. Dan het hulle boonop, in Januarie 1968, vier liedjies, onder andere Mangwane Mpulele en Little Go Go Girl, in Ateljee 2 van die EMI-ateljees inAbbey Road, Londen, opgeneem, dieselfde ateljees waar The Beatles hulle wêreldtreffers opgeneem het. Maar moenie dink hulle klem was Engelse liedjies nie. - (http://af.wikipedia.org)