Doelgerigte Oefening


Doelgerigte Oefening

Die term, ''doelgerigte'' oefening word hier verwys na die beste metode om musiek of 'n instrument baas te raak. In die vroeƫ 1990's het 'n span onder leiding van Anders Ericsson (van die Florida Staat Universiteit) by die Berlin Akademie van Musiek 'n wetenskaplike studie onderneem met studente van so om en by die ouderdom van vyf jaar oud wat viool leer speel het. Teen die ouderdom van 20 het die ''elite presteerders'' van hierdie groep 'n totaal van 10 000 ure oefening elk onder die blad weg, terwyl die ''goeie'' studente slegs 8 000 ure elk.

Ericsson het nie net die bygeloof dat ''ingebore talent'' verantwoordelik is vir buitensporige sukses 'n nekslag toegedien nie, maar dat sulke talent meestal die resultaat is van 'n lewenslange gewoonte aan doelgerigte inspanning en oefening om te presteer op 'n spesifieke gebied. Baie interesante leesmateriaal, ongelukkig net in Engels:

http://graphics8.nytimes.com/images/blogs/freakonomics/pdf/DeliberatePractice(PsychologicalReview).pdf



So wat behels hierdie doelgerigte oefening? Kliek hier!